Thursday, December 18, 2008

What are our International & local competitors up to ?

CAH (Pty) Ltd has technology to manufacture Aquatic based humic substances ,humates and related waste substances like fulvic acids.

http://www.spraygro.com.au/searchresults_os.asp?cx=partner-pub-1874166551578604%3Artnsu9-nxd9&cof=FORID%3A9&ie=ISO-8859-1&q=humic+acid&sa=Search#885

CAH's Cape Humates enable chelating in soil management on farmers and commercial agriculture where farmers are in the long terms intent on achieving biological and soil or even organic agri-practises


Here is a good resource to see what chelating is : http://www.spraygro.com.au/Products/Smartrace.asp

Local competitors are using coal industry based raw material which are less valuable , to ours ,we however can indicate that they have good information for humic acids and amino acid users which can be found at these links :

http://www.terradynamics.co.za/


or rather if you prefer the total local history at :

http://www.terradynamics.co.za/technical.html#history

http://www.terradynamics.co.za/products.html



WAT ANDER SE !


Die sleutel tot groter Vrugbaarheid?



MARLEEN SMITH (msmith@landbou.com)
Humate en fulvate bevorder produksie deurdat dit wortelmassa vermeerder, die aantal en lengte van haarwortels laat toeneem, en die opname van water en voedingstowwe verbeter.
Humien- en fulviensure, waarvan die soute humate en fulvate is, word in biologiese en organiese landboukringe as wondermiddels beskou met 'n legio voordele vir grond, water en plante.
Hoewel die eerste navorsing oor humus, waaruit dié sure onttrek word, al in 1786 aangeteken is, is bitter min wetenskaplike ondersoek nog in Suid-Afrika gedoen oor die gebruik en beweerde voordele van humien- en fulviensure in gewasverbouing.
Humus is die organiese komponent in grond wat al soveel ontbind en gekondenseer het dat dit in 'n stabiele vorm is wat geen ooreenkoms meer het met die materiaal waaruit dit gevorm is nie. Dit slaan op kleideeltjies in die grond neer, 'n proses wat dit preserveer en sorg dat dit nie verder afgebreek word nie.
Dr. Hannes Coetzee, private konsultant en 'n direkteur van Central Analytical Laboratories (CAL), verduidelik dat navorsers humus van grond- en kleideeltjies moes skei om dit te kon bestudeer. 'n Proses is ontwikkel waarin die grond met 'n alkali by 'n pH-vlak van 12 behandel word sodat 'n deel van die totale humus oplos. Daarna word die mengsel verder versuur sodat die uiteindelike produkte humien- en fulviensure is.
Humiene is dié deel van humus wat nie in 'n alkali oplos nie. Humiensure los in 'n alkali op, maar slaan by 'n pH-vlak van 1 neer. Wanneer die suur-ione op dié molekuul met ander katione, soos kalsium (Ca), kalium (K), magnesium (Mg), natrium (Na) of ammonium (NH4) vervang word, word humate, oftewel die soute van humiensure, gevorm.
Fulviensure is dié deel van humus wat in 'n alkali oplos en nie by 'n pH-vlak van 1 neerslaan nie. Wanneer die suur-ione op dié molekuul met ander katione vervang word, word fulvate gevorm.
Sedertdien word die onttrekkingsproses ook op ander materiale, soos leonardiet ('n soort steenkool van swak gehalte), kompos en veen, toegepas. Die produkte wat só verkry word, word ook as humate en fulvate beskou. Die humaat-inhoud van dié natuurlike bronne wissel. Leonardiet bevat byvoorbeeld baie meer humate as harde steenkool.
In werklikheid is humate dus die gepreserveerde en saamgeperste oorblyfsels van antieke woude en ander plantmateriaal.
Humate en fulvate bestaan uit 'n verskeidenheid verbindings en kan dus net op grond van hul oplosbaarheid in suur en hul molekulêre massa onderskei word.
Albei se boustene is egter dieselfde - koolstof, suurstof, waterstof en stikstof - hoewel in verskillende verhoudings.
Fulviensure is biologies aktiewer as humiensuur. Fulviensure bevat meer suurstof, minder koolstof en het 'n veel laer pH en molekulêre gewig.
Wanneer humus afgebreek word, word die belangrikste boustene teen dieselfde tempo vrygestel. Humus is dus nie 'n eenvoudige mengsel nie, en fulvate is inderwaarheid net kleiner eenhede van humate. Coetzee verduidelik dit is soos om 'n bladsy ('n humaat) in vier kwarte (fulvate) te sny.
Die gehalte van humien- en fulviensuurprodukte wat kommersieel beskikbaar is, wissel geweldig. Dit kan ook nie net op grond van 'n enkele kenmerk geëvalueer word nie.
Een van die aanduiders is die organiese koolstof-inhoud daarvan. Die suiwerste humiensure het 'n koolstof-inhoud van 55 % en die suiwerste fulviensure sowat 47 %, sê Coetzee.
Die aktiewe groepe in humien- en fulviensure, wat in milli-ekwivalent per gram (me/g)gemeet word, is 'n verdere aanduiding van gehalte.
Volgens Coetzee doen humate en fulvate die volgende in die grond:
 Dit vermeerder die katioon-uitruilvermoë van die grond, en dus die beskikbaarheid van voedingstowwe vir plante;
 Waterhouvermoë word verbeter;
 Dit dien as energiebron vir mikrobes;
 Die grond se struktuur, deurlugting en dreinering word verbeter;
 Afloop word verminder; en
 Dit dien as cheleermiddel. (Dit beteken dit vorm 'n organiese kompleks wat die voedingselemente teen vaslegging beskerm sodat dit vir die plant beskikbaar bly.)
Plantproduksie word deur humate en fulvate bevorder deurdat dit wortelmassa vermeerder, die aantal haarwortels en lengte daarvan laat toeneem, en die opname van water en voedingstowwe verbeter, sê Coetzee.
Aussies gebruik dit ook
Die gebruik van humate en fulvate - die soute van organiese humien- en fulviensure - vat ook toenemend onder Australiese boere pos. Nutri-Tech Solutions (NTS), 'n Australiese maatskappy wat in humate spesialiseer, noem in 'n handleiding die volgende voordele van die gebruik van humate en fulvate by gewasverbouing:
 Verbeterde kunsmis-doeltreffendheid. Wanneer humiensuur met enige chemiese kunsmis gekombineer word, stabiliseer dit die kunsmis in die grond. Loging word bykans uitgeskakel en voedingselemente word in groter mate vir plantopname beskikbaar gestel. Volgens NTS verbeter die opname van voedingselemente van 30 % tot soveel as 35 %.
 Toegediende stikstof hou langer in die grond. Wanneer ureum byvoorbeeld saam met humiensuur toegedien word, word dit in kolloïdale vorm opgeberg - 'n stabiele bron wat die stikstof stadig oor 'n tydperk van 60 dae tot 80 dae vrystel.
 Plaag- en rypbestuur. Humate stimuleer die vlakke van voordelige swamme en bakterieë in die grond, en in die proses word die vlakke van mikrobiese patogene organismes verlaag, danksy mededinging tussen die verskillende organismes.
Plae is geneig om plante met swak minerale en suikervlakke aan te val. Humate verbeter egter die minerale se beskikbaarheid en die opname daarvan. Die doeltreffende benutting van kalsium en fosfaat, die twee elemente wat die produksie van plantsuikers beheer, word ook bevorder. Hoër konsentrasies plantsuikers verseker ook dat die plantsappe teen laer temperature vries, wat dus rypskade beperk.
 Biologiese stimulasie. Rou humate en hul humien- en fulviensuur-ekstrakte is kragtige mikrobiese stimulante. Humiensuur voed en stimuleer die swamme in die grond, en fulviensuur stimuleer die bakterieë. 'n Gesonde balans in dié grond-organismes verlaag siektedruk op plante en bevorder gewasproduksie.
 Die opbou van die grond se koolstof-inhoud. Navorsing het getoon dat landbougrond se koolstof-inhoud die belangrikste bepaler van winsgewendheid in 'n boerdery is. Humate bevat self koolstof, maar dra in groter mate by tot die opbou van koolstof in die grond deurdat dit mikrobiese aktiwiteit - en dus die tempo van humusvorming in die grond - stimuleer.
 Bestuur van versouting. Humate kan ook 'n buffer vorm vir oorskot-soute in water en grond en die skadelike uitwerking daarvan op plante verminder. Dit verbeter ook die grondstruktuur, wat die uitloog van oorskot-soute bevorder. Voorts stimuleer humate die swam-groep Mycorrhizae, wat plantwortels koloniseer en die plante se sout-verdraagsaamheid verhoog.
 Fulviensure dien as 'n kragtige organiese elektroliet wat groei, opbrengs, en siek-teweerstand by plante kan bevorder.
 Veral fulviensure kan danksy hul besonder hoë katioon-uitruilvermoë grond en water ontgif. Dit verbind met organiese én anorganiese gifstowwe.
29 Julie 2005


Doen humate en fulvate die volgende in die grond:

 Dit vermeerder die katioon-uitruilvermoë van die grond, en dus die beskikbaarheid van voedingstowwe vir plante;

 Waterhouvermoë word verbeter;

 Dit dien as energiebron vir mikrobes;

 Die grond se struktuur, deurlugting en dreinering word verbeter;

 Afloop word verminder; en

 Dit dien as cheleermiddel. (Dit beteken dit vorm 'n organiese kompleks wat die voedingselemente teen vaslegging beskerm sodat dit vir die plant beskikbaar bly.)

Plantproduksie word deur humate en fulvate bevorder deurdat dit wortelmassa vermeerder, die aantal haarwortels en lengte daarvan laat toeneem, en die opname van water en voedingstowwe verbeter.



ORGANIESE INTERGRASIE IN LANDBOU PRODUKTE

Wat beteken dit?

Dit is die verbouing van ‘n landbou gewas met die doel voor oë om die totale behoefte van die plant en die ongewing waarin dit groei aan te spreek. Dit kan slegs geskied deur alle komponente in ag te neem wat verband hou tot die suksesvolle produksie van die gewas wat verbou word.

Strukturele elemente waaruit ‘n plant bestaan:

Koolstof, waterstof en suurstof. Grootste deel van plant se biomassa.

Wat het ‘n plant nodig om te groei?

Water : Lug en besproeiing – 95%
Grond : Gorndvrugbaaryheid (makro – en mikro-elemente),
grondstruktuur
Koolstof : Lug en grond

Wat is organiese materiaal?
Plant- en dierreste asook mikrobes
Vorm humus – stabiele organiese reste

Kenmerke van humus:
donkerbruin van kleur
krummelstruktuur
elektries-negatief gelaai
hoë waterhou vermoë
C:N verhouding van 10:1

Wat is die doel van humus?

Bio-katalisator en stimulant.

In die grond:

Stimuleer en vermeerder mikrobe aktiwiteit.
Verbeter die beskikbaarheid van minelrale elemente
Verhoog die beskikbaarheid van sitkstof tot 25%
Verbeter grondstruktuur
Verbeter die vermoë van die grond om vog te bestuur.

In die plant:

Verhoog die wortelmassa van die plant
Verhoog die hersirkulering van organiese residue
Verhoog die plant se fisiologiese aktiwiteite
Stimuleer die produksie van fitohormone
Verhoog die respirasie van die plant
Verhoog tempo van fotosintese

Wat in Humus bewerkstellig die positiewe reaksies?

Komplekse organeise suurkettings, nl: humiensuur en fulfiensuur.
Die nie-humien gedeelte wat uit aminosure, lipiede, lignien, sellulose en vesel bestaan.


Wat beteken dit vir die boer?

Grond korsvoriming en verdigting vind nie plaas onder besproeiings toestande nie. Loging van water en voedingselemente vind stadige plaas. Bemestingsrekening word kleiner. Die plant kan voedingstowwe makliker opneem. Gebruk dus minder anorganiese kunsmis. Plant funksioneer beter. Beter opbrengte en vrugkwaliteit. Gesonde plant en omgewing het minder entomologiese en patalogiese druk.
Punte van belang by die gebruik van organiese misstowwe.

Minerale elemente nie onmiddelik beskikbaar nie.
Vrystelling van minerale elemnete onderhewig aan omgewingstoestande en mineralisering deur mikrobes.
Negatiewe stikstof periode indien organiese materiaal nie gekomposteer is nie.
Skielike stikstof vrystelling kan jong plante en stikstof gevoelige plante se wortels brand.
Opbou van sekere elemente soos fosfaat.

Bronne van organiese materiaal

Plantreste: veen, kompos, oesreste en groenbemesting
Dierreste: kraal en hoendermis
Organiese suur konsentrate: humiensuur, fulviensuur en aminosuur.

Kenmerke van organiese sure: Humate : Fulvate en Aminosuur

Humiensuur - gronddverbeteraar, wortelstimulant, mikro- en makro organisme
stimulant

Fulviensuur - verbeter opname van voedingselemente, plantstimulant en
katalisator

Aminosuur - grondverbeteraar
wortel- en plantstimulant
mikro- en makro organisme stimulant

Gebruik van organiese sure:

Humiensuur - Groot molekulêre strukture
Sandgrond klei% <20
Nie oplosbaar by pH laer as 8 nie
Nie mengbaar met ander bemesting- en chemiese stowwe nie

Fulviensuur - Klein molekulêre strukture
Enige grondtipe gebruik
Oplosbaar by enige pH
Dien as versuringsagent as gevolg van lae pH
Mengbaar met enige bemesting- en chemiese stowwe

Aminosuur - Klein molekulêre struktuur
Kleigronde met klei% >20
Oplosbaar by enige pH
Mengbaar met meeste bemestingstowwe


Humiensure is hoë molekulêre massa aromatiese strukture wat hoofsaaklik uit koolstof, suurstof en waterstof bestaan met karoksielsuur en fenoliese funksionele groepe. Humien vorm met die afbreek van plant organiese materiaal. Humien is nie chemies ‘n individuele struktuur nie, maar is ‘n versameling chemiese strukture wat in terme van oplosbaarheid in alkali en sure gedefinieer word. Humiensure is onoplosbaar in water en los slegs op in water indien die humaat-sout met ‘n sterk basis soos kaliumhidroksied in oplossing gemaak word. Humiensure is dus oplosbaar in water as humate by hoë pH waardes. Die opgeloste humaat vorm is verantwoordelik vir die funksie van humiensure.

Fulviensure is lae molekulêre massa strukture wat hoofsaaklik uit koolstof, suurstof en waterstof bestaan met karboksielsuur funksionele groepe. Fulviensure is oplosbaar in water by alle pH waardes. Die fulviensuur self is verantwoordelik vir die funksie van fulviensure. Fulviensuur is die generiese groepnaam vir ‘n reeks sure wat insluit aminosure, hidroksiesure en vetsure.

Waarom humiensure en fulviensuur toedien?
Navorsing het getoon dat organiese materiaal die sleutel is tot vrugbare grond en die biologiese, chemiese en fisiese kenmerke van grond beïnvloed. Verder is bewys dat met langdurige boerdery praktyke soos grondbewerking en toediening van humien- en fulviensuur word die balans weer herstel en hou dit grondverbeterings-voordele in wat indirek die plant bevoordeel en het die organiese produkte ‘n positiewe fisiologiese effek op die plante.

Funksie van Humien- en Fulviensuur in die plant en grond

Plant Groeistimulant
Stimuleer wortelontwikkeling, en bo-groei
Hoër Chlorofil konsentrasie en fotosintese tempo
Beter stress- toleransie
Fulviensuur funksioneer as draers van chemiese stowwe en veroorsaak verbeterde opname van voedingstowwe soos makro en mikro elemente deur die wortels en blare.

Grond Verbeteraar
Verbeter grond struktuur, opheffing van kompaksie en korsvorming
Beter katioon-uitruil-kapasiteit
Voorkom vinnige loging van voedingstowwe
Bevorder mikro-organisme populasiegroei, aggregasie van klei gronde wat belugtiging verbeter.

No comments: